Welkom by Deïsme
Deïsme kan baie vir jou en die samelewing bied.
Deïsme is die kennis van God gebaseer op toepassing van ons
rede/verstand op die konsepte/wette wat dwarsdeur die Natuur gevind
word. Die konsepte voorveronderstel ‘n Ontwerper. Daarom is Deïsme ‘n
naturalistiese godsdiens en nie
‘n “geopenbaarde” godsdiens nie.
Die naturalistiese godsdiens/filosofie van Deïsme stel daardie
mense wat Deïsme aanvaar, vry van die teenstrydighede van bygelowigheid
en die negatiwiteit van vrees, wat so sterk verteenwoordig is in al die
“geopenbaarde” godsdienste soos Judaïsme, die Christendom en die Islam.
(Hierdie godsdienste word “geopenbaarde godsdienste” genoem, omdat hulle
almal daarop aanspraak maak, dat hulle ‘n spesiale openbaring van God
ontvang het. Baie van hulle getroue volgelinge glo dit en baie van hulle
heilige boeke is hierop gebaseer.) As genoeg
mense Deiste word, sal verstand verhef word bo vrees en mite, en sal sy
positiewe kwaliteite deel word van die gemeenskap as ’n geheel. Dan sal
biljoene mense, in plaas van om die onsinnige
geweld en mites van die “geopenbaarde”
godsdienste na te jaag, gefokus wees op hul Godgegewe verstand, wat sal
lei tot onbeperkte persoonlike en gemeenskaplike vooruitgang.
Hierdie is nie ‘n waanbeeld nie. Deïsme het die potensiaal om ‘n band te
vorm met elke menslike wese omdat elke mens ‘n Godgegewe verstand het.
Daarom vind Deïsme aanklank by die meeste mense wat daarvan bewus gemaak
word. Hierdie Godgegewe
rede/verstand, wat so eie is van en die sleutel tot Deïsme is, is die
natuurlike stand van die menslike natuur.
Die bygelowe van die mensgemaakte “geopenbaarde” godsdienste is
nie die natuurlike stand van die menslike natuur nie. Die rede waarom
ons Godgegewe verstand deur mensgemaakte mites en bygelowe besmet word,
is baie eenvoudig. AKTIEWE mense het hierdie onwaarhede aangemoedig.
Sommige van hierdie mense is gemotiveer deur eie gewin terwyl ander
onkundig is. Aangesien
AKTIEWE mense hierdie probleem aangebring het , kan dit reggestel word
deur AKTIEWE persone. Soos die
aantal AKTIEWE Deiste vermeerder, sal ons aksies en energieë veroorsaak
dat Deïsme die “geopenbaarde” godsdienste van die wêreld oorskadu en sal
Deisme uiteindelik, deur harde werk en onbaatsugtigheid, die “geopenbaarde”
godsdienste vervang.
Mensliewendheid en die individue wat die mensdom uitmaak, sal dan in
staat wees om hulle volle potensiaal stap vir stap te bereik.
Gebruik die skakels op die webblad om meer te wete te kom oor Deïsme.
Hierdie webblad sal u leer dat God en godsdiens
verskillende entiteite is, dat
een van Deïsme se talle voordele is om u, u familie en vriende teen
kultusse te beskerm, dat Amerika se Verklaring van Onafhanklikheid ‘n
Deïstiese dokument is, dat die Bybel en die Koran ‘n bose en waansinnige
prentjie van God skilder, dat die Skepper van die Natuur so werklik is
soos die wette van die natuur, en nog baie meer.
‘n Verklaring deur Thomas Paine, die man wat meer as enigiemand anders
gedoen het om mense van Deïsme te leer, sal moontlik opreg in jou hart
en siel weerklink, nadat jy geleer het wat Deïsme werklik is: “Daar is
‘n opgewektheid in Deïsme, indien dit reg verstaan word, wat in geen
ander geloof gevind sal word nie. Al die ander gelowe het
iets wat óf ons verstand skok,
óf teenstrydig is daarmee, en die mens, indien hy enigsins dink, moet sy
denke onderdruk om hom te forseer om hierdie godsdienste te glo. Maar,
in Deïsme verenig ons denke en geloof volmaak. Die wonderlike struktuur
van die heelal, en alles wat ons waarneem in die stelsel van die
skepping, bewys aan ons die bestaan van ‘n God en die gelyktydige
uitbasuin van Sy hoedanighede, beter as boeke kan,.”
Woordelys
Saamgestel
deur die Wêreldvereniging van Deists
Kultus:
In Deïsm is ‘n kultus ‘n groep mense wat onredelike oortuigings aanhang.
Op grond van hierdie definisie is Judaïsme, die Christendom en Islam
kultusse, omdat hulle lede hulle Godgegewe verstand opgee om die
onredelike dogmatiese leringe en bygelowe te glo of te aanvaar, soos bv
dat God vaste eiendom as ‘n geskenk aan die Jode gegee het, die
opstanding en hemelvaart van Jesus, geloofsgenesing, Mohammed se
hemelvaart na die hemel, en nog vele meer vals en onredelike eise.
Deïsme is van mening dat geloofsgenesing ‘n bygeloof is, want
indien geloofsgenesing waar sou wees, sou onskuldige hulpelose kinders
nie gesterf het deur hul ouers se pogings van Bybelse geloofsgenesing
nie. Omdat Deïsme altyd vry en onafhanklike
gedagtes en denke bevorder, is dit onmoontlik dat Deïsme ‘n
kultus sal word.
Deïsme:
Deïsme is die erkenning van ‘n
universele skeppende krag groter as dit wat deur die mensdom verklaar
word, wat ondersteun word deur die persoonlike waarneming van
wette en patrone in die natuur en die heelal, wat verewig en gestaaf
word deur die aangebore vermoë van menslike verstand, en gekoppel word
met die verwerping van aansprake deur individue en georganiseerde
godsdienste, dat hulle spesiale openbarings ontvang het.
Geloof:
Hierdie woord is so erg misbruik deur “geopenbaarde” godsdienste dat dit
op hierdie stadium slegs beteken dat die mens sy Godgegewe verstand
onderdruk met die doel om ’n onredelike aanspraak deur ‘n “geopenbaarde”
godsdiens te aanvaar, of ten minste te verdra.
Dit is die enigste
manier wat “geopenbaarde” godsdienste mense kan kry om sulke onsinnige
en onredelike aansprake soos oorspronklike sonde, op water loop, die
behandeling van siekes sonder mediese sorg, en die verdeling van die
Rooi See te aanvaar. Deiste
verkies die woord “vertroue” eerder as geloof, weens die verdraaide
betekenis van die word geloof soos eeue lank misbruik deur die “geopenbaarde”
godsdienste. Een
hoof verskil tussen Deïsme en die “geopenbaarde” godsdienste is dat
Deiste nie glo dat geloof nodig is om in God te glo nie. ‘n Aanhaling
deur Voltaire som dit op: “Wat is geloof? Is dit om te glo dit wat voor
die hand liggend is? Nee, vir my is dit voor die hand liggend dat daar
‘n nodige, ewige, almagtige en intelligente wese bestaan. Dit is nie ‘n
geval van geloof nie, maar ‘n saak van die verstand.”
God:
Die ewige universele skeppende krag wat die bron van wette en patrone is
wat deurgaans in die Natuur gevind word.
Intelligente Ontwerp:
Intelligente
Ontwerp verwys na die strukture in die Natuur, soos die van DNA wat
waargeneem kan word, en die kompleksiteit daarvan ‘n intelligente
Skepper nodig het. “Struktuur”
in hierdie konteks beteken iets wat in ‘n definetiewe patroon van
organisering gerangskik is. In
Deïsme het Intelligente Ontwerp
niks te make met die onredelike Bybelse mite van skepping nie.
Natuurlike Geloof:
Geloof in God gebaseer op die toepassing van denke/rede op die
wette/patrone van die Natuur, in teenstelling met geopenbaarde godsdiens
wat gebaseer is op beweerde openbaringe.
Filosofie:
Die studie van waarhede en beginsels van bestaan, kennis, of gedrag.
Denke/Rede:
Die verstandelike magte wat gebruik word om gevolgtrekkings of
afleidings te maak wat op feite gebaseer is. Deiste sien rede as die
tweede grootste geskenk van die Natuur se God aan die mensdom, met lewe
as die grootse geskenk.
Godsdiens: ‘n
Stel oortuigings rakende die wese, die aard en die doel van die heelal.
Openbaring:
Om iets te openbaar of bekend te maak. In die godsdienstelike
sin beteken openbaring gewoonlik
goddelike openbaring.
Wanneer God Hom aan iemand openbaar, sal dit ‘n goddelike openbaring
slegs aan daardie persoon wees.
Indien daardie persoon die openbaring aan iemand anders oorvertel,
sal dit hoorsê wees vir die volgende persoon aan wie dit oorvertel word.
Indien daardie persoon die openbaring glo wat oorvertel word, plaas die
persoon nie sy vertroue in God nie, maar in die persoon wat die
openbaring oorvertel.
Geopenbaarde godsdiens:
‘n Gestruktureerde stelsel van geloof in en aanbidding van God gebaseer
op die oortuiging dat God met sekere indivuduele stigters/lede van
daardie geopenbaarde godsdiens
kommunikeer of gekommunikeer het. Soos bo vermeld, plaas iemand wat in
enige van die geopenbaarde godsdienste glo, nie sy vertroue in God nie,
maar in die persoon/persone wat daarop aanspraak maak dat hy/sy/hulle/
‘n goddelike openbaring ontvang het.
Vertrou:
Die
vertroue in ‘n persoon of saak, gebaseer op rede/verstand en
ondervinding.
Vrae oor Deïsme wat dikwels gevra word:
Wat is die grondslag van
Deïsme?
Denke en Natuur. Ons sien die patroon wat dwarsdeur die bekende heelal
gevind word en hierdie besef bring ons tot ‘n sterk geloof in ‘n Skepper
of God.
Is
Deïsme ‘n vorm van ateïsme?
Nee.
Ateïsme leer dat daar geen God is nie. Deïsme leer dat God bestaan.
Deïsme verwerp die “openbarings”
van die “openbaarde” godsdienste, maar verwerp nie God nie.
Indien Deïsme ‘n geloof in God leer, wat is dan die verskil tussen
Deisme en ander gelowe soos die Christendom, Judaïsme , Islam en
Boeddhisme?
Soos bo vermeld, is Deïsme gebaseer op natuur en rede/verstand, nie “openbaring”
nie. Al die ander godsdienste (Taoïsme moontlik uitgesluit, hoewel
bygelowigheid in beide Boeddhisme en Taoïsme ‘n rol speel), maak
aanspraak op ‘n spesiale goddelike “openbaring”, of hulle het vereiste “heilige”
boeke. Nie een van die twee geld by Deïsme nie. In Deïsme is dit nie
nodig vir ‘n predikant, priester of rabbi nie. Al wat jy nodig het is
jou gesonde verstand en om te peins oor die skepping.
“Geopenbaarde” godsdienste,
veral Christendom en Islam, gebruik hebsug en vrees om bekeerlinge te
werf en te behou. Hebsug hoort tot die bekeerlinge se “geopenbaarde”
godsdiens sodat hulle byvoorbeeld
beloon kan word met die ewige lewe, en as jy ‘n Christen is, kan
jy enigiets kry wat jy vra. In kombinasie met hebsug gebruik hulle vrees
vir die dood. Niks hiervan gebeur by Deisme nie. Deïsme leer dat ons
moet doen wat reg is, omdat dit die regte ding is om te doen. En Deïsme
gee nie voor dat ons weet wat met ons gaan
gebeur as ons doodgaan nie. Ons het God lief
en vertrou Hom genoeg sodat ons nie daaroor hoef te peins nie.
Soos Thomas Paine geskryf het: “Ek is in die hande van my Skepper
en Hy sal van my liggaam ontslae raak na hierdie lewe in ooreenstemming
met Sy regverdigheid en goedheid.
Ek laat alles aan Hom oor as my Skepper en vriend en beskou dit
as aanmatigend om te bespiegel oor wat die Skepper met ons gaan maak na
die dood.”
Glo Deists dat God die wereld geskep het en dan net terugstaan?
Sommige Deiste glo so, en sommiges glo dat God tussenbeide sal tree in
die mens se sake. Byvoorbeeld, toe George Washington moes kies tussen ‘n
baie riskante ontruiming van Amerikaanse troepe uit Long Island, of om
oor te gee, het hy die riskante ontruiming gekies. Toe hy uitgevra is
oor die troepe se moontlike uitwissing, het hy gesê dis die beste wat hy
kon doen en die res het hy aan die Voorsienigheid oorgelaat.
Bid Deiste?
Slegs gebede van dank en waardering. Hulle skryf nie aan God voor nie.
Is daar enige Deïstiese rituele of beloftes?
Nee. Aangesien Deïsme nie poog om beheer oor mense uit te oefen nie, is
dit nie nodig vir rituele nie.
Met betrekking tot beloftes, soos byvoorbeeld troubeloftes of
woorde by ‘n begrafnis, glo Deiste om hierdie beloftes eerder self te
skryf, as om ander mense hierdie belangrike beloftes te laat skryf.
Deiste is te onafhanklik om op predikante te vertrou om hierdie
belangrike dinge te doen.
Is daar Deïstiese kerke of tempels?
Nee, maar Deists werk daaraan om Deïstiese Denksentrums dwarsoor die
wêreld te vestig. Die eerste Deïstiese Denksentrum is in die Berg
Rainier Nasionale Park gebied in Washington. Hierdie sentrum word beman
deur ‘n kundige Deist en is elke naweek oop om Deïsme aan nuwe mense
bekend te stel en om kameraderie aan mede-Deiste te bied. Soos die
Wêreld Vereniging van Deiste se lidmaatskap groei, sal die Denksentrums
vrywillige dokters, verpleegsters en tandartse aanstel om gratis mediese
en tandheelkundige sorg te verskaf aan diegene wat nie mediese sorg kan
bekostig en wat nie deur ‘n geloofsgeneser gesond gemaak kan word nie.
Die beweging wil ook gratis literêre programme en klasse in astronomie,
biologie en al die wetenskappe aan die publiek bied.
Dit stem baie ooreen met Thomas Paine se idees soos uiteengesit
in sy “The Age of Reason”.
Hoe sien Deists God?
Deiste sien God as ‘n ewige wese wie se mag gelyk is aan sy/haar wil.
‘n Aanhaling van Albert Einstein gee ‘n goeie Deïstiese
beskrywing van God: “My geloof bestaan uit ‘n nederige bewondering vir
die onbegrensde superiere gees wat homself openbaar in die kleinste
besonderheid wat ons in staat is om waar te neem met ons verpiepte en
dwase verstand. Daardie
diep emosionele oortuiging van die teenwoordigheid van ‘n superieure
redenerende mag, wat geopenbaar word in die onbegryplike heelal, vorm my
idee van God.”
Is Deïsme ‘n kultus?
Dit is onmoontlik vir Deïsme om ‘n kultus te wees, omdat Deïsme mense
leer om selfstandig te wees en hulle aanmoedig om hul verstand te
gebruik. Deïsme leer om “gesag te bevraagteken”, ongeag die gevolge.
Anders as die geopenbaarde godsdienste, maak Deïsme nie onredelike
aansprake nie. Die
geopenbaarde godsdienste moedig mense aan om hul godgegewe verstand op
te gee, of ten minste op te skort, en dit geloof te noem. Hoe logies is
dit om te glo dat Moses die Rooi See verdeel het, of dat Jesus op die
water geloop het, of dat Mohammed die Koran van ‘n engel ontvang het? Om
jou verstand so te onderdruk om hierdie stories te glo, skep slegs ‘n
presedent wat daartoe lei om ‘n Jim Jones of ‘n David Koresh te glo.
Wat is Deïsme se antwoord op al die boosheid in die wêreld?
Meeste van die boosheid van die wêreld kon oorkom word of uit die weg
geruim word indien die mensdom sy godgegewe verstand reeds van sy
vroegste evolusionêre fases aanvaar het. Per slot van sake, al die wette
van die natuur wat ons ontdek het en geleer het om tot ons voordeel te
gebruik, van rekenaars tot medisyne tot ruimte reise, het ewig bestaan.
Maar ons het besluit om eerder in bygeloof en vrees te leef, as om
te leer en kennis op te doen.
Dit is meer gerusstellend om te glo dat ons nie verantwoordelik is vir
ons eie dade nie, as om eintlik die harde werk te doen wat nodig is vir
sukses.
Deïsme maak nie daarop aanspraak om al die antwoorde te hê nie, maar glo
dat hulle op die regte pad is vir daardie antwoorde.
Webwerf:
http://www.deism.com
John McCain, who says he agrees with the majority of Americans who erroneously believe the US Constitution established the United States as a Christian nation, is endorsed by a powerful Christian preacher who believes America was founded, in part, to destroy Islam!
Click here to read the article
Hilary Clinton says, "I think the whole Bible is real." So she believes in the talking donkey (Numbers 22:28), that any nation that will not serve Israel should "be utterly wasted" (Isaiah 60:10-12), among many other ridiculous claims! Based on the blank check both Democratic and Republican politicians give to Israel, it appears they're all strong believers in the Hebrew Bible!
Barack Obama gave a speech in which he used the genocidal maniacs, Moses and Joshua, as great examples to be followed! It's pathetic and dangerous when in this nuclear age politicians still cling to the insanity found in the Bible, Torah and Koran! Here are just two examples to demonstrate that Moses and Joshua were murderous butchers. Deuteronomy 2:34 in which Moses brags about killing "men, women and the little ones", and Joshua 6:21 which says the Hebrews "utterly destroyed all that was in the city, both man and woman, young and old, and ox, and sheep, and ass, with the edge of the sword." How Obama can think this is good is beyond reason!
50 people who believed there was an image of the fictional virgin Mary on the sun were blinded due to looking directly at the sun while trying to see the image! Our God-given reason is the only thing that will protect us from such ignorance and superstition - if we decide to use it!